Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 13:1-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN voor die fees van die pasga het Jesus, omdat Hy wis dat sy uur gekom het dat Hy uit hierdie wêreld sou oorgaan na die Vader, en omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad tot die einde toe.

2. En gedurende die maaltyd — die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai —

3. het Jesus, omdat Hy wis dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God uitgegaan het en na God heengaan,

4. van die maaltyd opgestaan en sy bo-klere uitgetrek en ’n doek geneem en dit om Hom vasgemaak.

5. Daarna het Hy water in ’n bak gegooi en die voete van die dissipels begin was en afdroog met die doek wat Hy omgehad het.

6. Hy kom toe by Simon Petrus en dié sê vir Hom: Here, gaan U my voete was?

7. Jesus antwoord en sê vir hom: Wat Ek doen, begryp jy nou nie, maar jy sal dit hierna verstaan.

8. Petrus sê vir Hom: U sal my voete in der ewigheid nie was nie! Jesus antwoord hom: As Ek jou nie was nie, het jy geen deel aan My nie.

9. Simon Petrus sê vir Hom: Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en die hoof.

10. Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.

11. Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.

12. Toe Hy dan hulle voete gewas en sy bo-klere geneem het, gaan Hy weer aan tafel en sê vir hulle: Verstaan julle wat Ek aan julle gedoen het?

13. Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

Lees volledige hoofstuk Johannes 13