Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 12:4-7 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:

5. Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?

6. En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.

7. Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.

Lees volledige hoofstuk Johannes 12