Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 12:4-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:

5. Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?

6. En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.

7. Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.

8. Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.

9. En ’n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.

10. En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,

11. omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.

12. DIE volgende dag het ’n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,

13. palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.

14. En Jesus het ’n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:

Lees volledige hoofstuk Johannes 12