Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 12:34-46 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?

35. En Jesus sê vir hulle: Nog ’n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.

36. So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.

37. En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;

38. sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?

39. Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:

40. Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

41. Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.

42. Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.

43. Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.

44. En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.

45. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.

46. Ek het as ’n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

Lees volledige hoofstuk Johannes 12