Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 12:29-41 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

29. En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ’n donderslag gewees het. Ander het gesê: ’n Engel het met Hom gespreek.

30. Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.

31. Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.

32. En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.

33. En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.

34. Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?

35. En Jesus sê vir hulle: Nog ’n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.

36. So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.

37. En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;

38. sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?

39. Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja óók gesê het:

40. Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

41. Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 12