Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 12:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.

2. Hulle het toe vir Hom daar ’n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.

3. En Maria het ’n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.

4. Toe sê een van sy dissipels, Judas Iskáriot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:

5. Waarom is hierdie salf nie vir driehonderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?

6. En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy ’n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.

Lees volledige hoofstuk Johannes 12