Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 1:44-50 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

44. Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.

45. En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.

46. Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.

47. En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.

48. Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

49. Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.

50. Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!

Lees volledige hoofstuk Johannes 1