Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 1:43-52 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

43. En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.

44. Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.

45. En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.

46. Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.

47. En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.

48. Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik ’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.

49. Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.

50. Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!

51. Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.

52. En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.

Lees volledige hoofstuk Johannes 1