Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 1:4-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

5. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6. Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.

7. Hy het tot ’n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

8. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

9. Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

10. Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

11. Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

12. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

13. wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.

14. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

15. JOHANNES getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.

Lees volledige hoofstuk Johannes 1