Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 1:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

2. Hy was in die begin by God.

3. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

4. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

5. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6. Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.

7. Hy het tot ’n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

8. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

Lees volledige hoofstuk Johannes 1