Ou Testament

Nuwe Testament

Jakobus 4:7-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

8. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

9. Weeklaag, treur en ween. Laat julle gelag in treurigheid verander word en julle blydskap in bedruktheid.

10. Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

11. Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ’n dader van die wet nie, maar ’n regter.

12. Een is die Wetgewer, Hy wat mag het om te red en te verderf. Maar jy, wie is jy wat ’n ander oordeel?

13. KOM nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak —

14. julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar ’n damp wat vir ’n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.

15. In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.

16. Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.

17. Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

Lees volledige hoofstuk Jakobus 4