Ou Testament

Nuwe Testament

Jakobus 1:19-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.

20. Want die toorn van ’n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.

21. Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.

22. En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.

23. Want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien;

24. want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.

25. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.

Lees volledige hoofstuk Jakobus 1