Ou Testament

Nuwe Testament

Jakobus 1:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. JAKOBUS, ’n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!

2. AG dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,

3. omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.

4. Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.

Lees volledige hoofstuk Jakobus 1