Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ’n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,

2. ’n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ’n mens nie.

3. Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer.

4. Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,

5. hulle wat ’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ’n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8