Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 6:2-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.

3. En dit sal ons doen as God dit toelaat.

4. Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

5. en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,

6. en afvallig geword het — om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

7. Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.

8. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding.

9. Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 6