Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 6:11-19 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

11. Maar ons verlang dat elkeen van julle dieselfde ywer mag toon om te kom tot die volkome sekerheid van die hoop tot die einde toe;

12. sodat julle nie traag word nie, maar navolgers van hulle wat deur geloof en lankmoedigheid erfgename van die belofte is.

13. Want toe God aan Abraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen meerdere kon sweer nie, by Homself gesweer

14. en gesê: Voorwaar, Ek sal jou ryklik seën en jou grootliks vermeerder.

15. En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het.

16. Want mense sweer by een wat meer is, en die eed van bevestiging is vir hulle die einde van alle teëspraak.

17. Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ’n eed gewaarborg;

18. sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê;

19. en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 6