Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 5:9-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword

10. en is deur God genoem ’n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;

11. waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

12. Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ’n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.

13. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ’n kind is.

14. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 5