Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 5:6-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Soos Hy ook op ’n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

7. Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs —

8. Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

9. en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ’n bewerker van ewige saligheid geword

10. en is deur God genoem ’n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;

11. waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 5