Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 5:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. WANT elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring

2. as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.

3. En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 5