Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:5-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

6. Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,

7. bepaal Hy weer ’n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

8. Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.

9. Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God;

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4