Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:1-4 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.

2. Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

3. Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie — alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

4. Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4