Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 3:9-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

9. waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.

10. Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,

11. sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

12. Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.

13. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.

14. Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;

15. omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.

16. Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 3