Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:8-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

9. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.

10. Ons het ’n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;

11. want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word — hulle liggame word buitekant die laer verbrand.

12. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.

13. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.

14. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.

15. Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13