Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 13:14-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

14. Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.

15. Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ’n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.

16. Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het ’n welbehae aan sulke offers.

17. Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

18. Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons ’n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.

19. Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word.

20. MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,

21. julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

22. En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.

23. Julle moet weet dat die broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.

24. Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 13