Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:34-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

34. die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.

35. Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ’n beter opstanding te kan verkry.

36. Ander weer het die proef van bespottinge en géselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.

37. Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel —

38. die wêreld was hulle nie werd nie — hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.

39. En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie,

40. omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11