Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 11:28-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Deur die geloof het hy die pasga gehou en die besprenkeling van die bloed, sodat die verderwer hulle eersgeborenes nie sou aanraak nie.

29. Deur die geloof het hulle die Rooi See deurgegaan soos oor droë grond, terwyl die Egiptenaars, toe hulle dit probeer, verdrink het.

30. Deur die geloof het die mure van Jérigo geval nadat daar sewe dae lank omheen getrek was.

31. Deur die geloof het Ragab, die hoer, nie saam met die ongehoorsames omgekom nie, omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 11