Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 1:6-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.

7. En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;

8. maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is ’n regverdige septer;

9. U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;

10. en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.

11. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos ’n kleed verslyt,

12. en soos ’n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

13. En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ’n voetbank van u voete?

14. Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 1