Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:55-60 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

55. Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

56. En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.

57. Maar hulle het met ’n groot stem geskreeu en hulle ore toegestop en soos een man op hom aangestorm.

58. En hulle het hom buitekant die stad uitgewerp en hom gestenig; en die getuies het hulle klere neergelê by die voete van ’n jongman met die naam van Saulus.

59. En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees!

60. En hy het op sy knieë neergeval en met ’n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7