Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 7:24-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. en toe hy sien dat iemand onreg aangedoen word, het hy hom verdedig en die man wat mishandel was, gewreek deur die Egiptenaar te verslaan.

25. En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie.

26. En die volgende dag het hy by hulle verskyn terwyl hulle besig was om te veg, en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: Manne, julle is broers; waarom doen julle mekaar onreg aan?

27. Maar hy wat sy naaste onreg aangedoen het, het hom afgestoot en gesê: Wie het jou as ’n owerste en regter oor ons aangestel?

28. Jy wil my tog nie doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het nie?

29. En Moses het op hierdie woord gevlug en ’n bywoner geword in die land Mídian, waar hy die vader van twee seuns geword het.

30. En toe veertig jaar verby was, het ’n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van ’n doringbos.

31. En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:

32. Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie.

33. Toe sê die Here vir hom: Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.

34. Ek het duidelik gesien die mishandeling van my volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier, Ek wil jou na Egipte stuur.

35. Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: Wie het jou aangestel as ’n owerste en regter? — hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 7