Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 6:6-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê.

7. En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en ’n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.

8. EN Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.

9. En daar het sommige van die sogenaamde sinagoge van die Libertyne opgestaan, en van die Cirenéërs en Alexandryne, en van die mense van Cilícië en Asië, en hulle het met Stéfanus geredetwis.

10. Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.

11. Toe het hulle manne opgestook om te sê: Ons het hom lasterlike dinge hoor praat teen Moses en God.

12. En hulle het die volk en die ouderlinge en die skrifgeleerdes in beweging gebring en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring.

13. En hulle het valse getuies laat optree om te sê: Dié man hou nie op om lasterlike dinge te praat teen hierdie heilige plek en die wet nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 6