Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:35-42 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;

36. want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense — omtrent vierhonderd — aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.

37. En ná hom het Judas, die Galiléër, opgestaan, in die dae van die inskrywing, en ’n aansienlike getal mense afvallig gemaak agter hom aan. Hy het ook omgekom, en almal wat na hom geluister het, is verstrooi.

38. En nou sê ek vir julle, bly af van hierdie manne en laat hulle staan; want as hierdie voorneme of hierdie werk uit mense is, sal dit vernietig word;

39. maar as dit uit God is, kan julle dit nie vernietig nie — dat dit nie miskien bevind word dat julle selfs teen God stry nie.

40. En hulle het na hom geluister. En nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan.

41. Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.

42. En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5