Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:30-36 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

30. Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ’n kruishout te hang.

31. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.

32. En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

33. Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.

34. Maar ’n Fariseër met die naam van Gamáliël, ’n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels ’n bietjie buitentoe moes bring.

35. Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;

36. want nie lank gelede nie het Theudas opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense — omtrent vierhonderd — aangesluit. Hy is gedood, en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niet geword.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5