Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:26-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Daarop gaan die hoofman met die dienaars en bring hulle, maar nie met geweld nie, uit vrees vir die volk dat hulle gestenig sou word.

27. Hulle het hul dan gebring en voor die Raad gestel; en die hoëpriester het hulle gevra en gesê:

28. Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring.

29. En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense.

30. Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ’n kruishout te hang.

31. Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.

32. En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

33. Toe hulle dit hoor, was hulle woedend en wou hulle om die lewe bring.

34. Maar ’n Fariseër met die naam van Gamáliël, ’n leraar van die wet wat by die hele volk hoog in aansien was, het in die Raad opgestaan en bevel gegee dat hulle die apostels ’n bietjie buitentoe moes bring.

35. Toe sê hy vir hulle: Israeliete, pas op wat julle gaan doen met hierdie manne;

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5