Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 5:1-10 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MAAR ’n sekere man met die naam van Ananías het saam met sy vrou Saffíra ’n eiendom verkoop,

2. en ook met die medewete van sy vrou van die prys agtergehou en ’n sekere deel gebring en aan die voete van die apostels neergelê.

3. Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

4. As dit nie verkoop was nie, het dit nie joue gebly nie? En toe dit verkoop is, was dit nie in jou mag nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou hart voorgeneem het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.

5. En toe Ananías hierdie woorde hoor, het hy neergeval en gesterwe; en ’n groot vrees het gekom oor almal wat dit gehoor het.

6. Daarna het die jongmanne opgestaan en hom toegedraai en uitgedra en begrawe.

7. En ná verloop van omtrent drie uur kom sy vrou in sonder om te weet wat voorgeval het.

8. En Petrus het haar aangespreek: Sê vir my of julle die grond vir soveel verkoop het? En sy sê: Ja, vir soveel.

9. En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.

10. Toe val sy onmiddellik aan sy voete neer en het gesterwe. En die jongmanne het ingekom en haar dood gevind en haar uitgedra en by haar man begrawe.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 5