Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:19-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

19. Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

20. en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,

21. Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

22. Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ’n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

23. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.

24. En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.

25. En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.

26. God het, nadat Hy sy Kind Jesus opgewek het, Hom eers vir julle gestuur om julle te seën deur elkeen van sy booshede te bekeer.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3