Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:18-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

18. maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.

19. Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,

20. en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus,

21. Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.

22. Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle ’n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.

23. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word.

24. En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3