Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 28:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN eers toe ons gered was, het ons te wete gekom dat die eiland Melíte genoem word.

2. En die inboorlinge het ons buitengewone mensliewendheid bewys, want hulle het ’n groot vuur aangesteek en ons almal daarby gebring weens die reën wat gedreig het en weens die koue.

3. En Paulus het ’n klomp droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit, en ’n adder het weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt.

4. En toe die inboorlinge die dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: Hierdie man is beslis ’n moordenaar wat die goddelike wraak nie laat lewe nie, al is hy uit die see gered.

5. Maar hy het die dier in die vuur afgeskud en geen kwaad gely nie.

6. En hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval; maar toe hulle lank gewag en gesien het dat niks besonders met hom gebeur nie, het hulle van gedagte verander en gesê dat hy ’n god was.

7. Nou het die hoof van die eiland, wie se naam Públius was, in die omgewing van daardie plek ’n stuk grond gehad, en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik geherberg.

8. En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak.

9. En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 28