Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 27:39-44 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

39. En toe dit dag word, het hulle die land nie herken nie; maar hulle het ’n inham met ’n strand bemerk, waarop hulle van plan was om die skip te laat loop as hulle kon.

40. En hulle het die ankers afgekap en in die see laat lê en tegelykertyd die roertoue losgemaak. En hulle het die voorseil teen die wind opgetrek en op die strand aangestuur.

41. En hulle het op ’n plek verval met die see aan weerskante en die skip laat strand; en die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaar geslaan.

42. Nou was dit die plan van die soldate om die gevangenes dood te maak, sodat niemand kon uitswem en ontsnap nie.

43. Maar die hoofman oor honderd wou Paulus red en het hulle verhinder in hulle voorneme en bevel gegee dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom,

44. en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. En so het almal behoue aan land gekom.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 27