Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 24:15-26 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

15. en ’n hoop op God het, ’n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.

16. Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ’n rein gewete te hê.

17. Maar ná baie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.

18. En terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met ’n skare of met ’n opskudding nie.

19. Hulle behoort hier voor u te wees om beskuldiging in te bring as hulle iets teen my het.

20. Of laat hierdie manne self sê of hulle enige onreg in my gevind het toe ek voor die Raad gestaan het,

21. behalwe oor hierdie een woord wat ek uitgeroep het terwyl ek onder hulle gestaan het, naamlik: Oor die opstanding van die dode staan ek vandag by u voor die gereg!

22. Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer Lísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.

23. En hy het die hoofman oor honderd beveel om Paulus te bewaak, maar dat hy verligting moes hê, en dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien of te besoek nie.

24. En ’n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drusílla, sy vrou, wat ’n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.

25. Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek ’n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.

26. En tegelykertyd het hy ook gehoop dat geld aan hom deur Paulus sou gegee word om hom los te laat. Daarom het hy hom ook dikwels laat haal en met hom gesprekke gehad.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 24