Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 24:12-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. En hulle het my nie in die tempel gevind, besig om met iemand te praat of ’n opstand van die volk te verwek nie, en ook nie in die sinagoges of in die stad nie.

13. En hulle kan ook die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, nie bewys nie.

14. Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

15. en ’n hoop op God het, ’n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ’n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.

16. Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ’n rein gewete te hê.

17. Maar ná baie jare het ek gekom om aan my volk aalmoese te bring en offers.

18. En terwyl ek hiermee besig was, het sekere Jode uit Asië my in die tempel gevind nadat ek geheilig was, nie met ’n skare of met ’n opskudding nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 24