Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 23:31-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. En die soldate het Paulus geneem soos hulle beveel is, en hom in die nag na Antípatris gebring.

32. En die volgende dag het hulle die ruiters met hom verder laat gaan en self na die kamp teruggekeer.

33. En dié het in Cesaréa gekom en die brief aan die goewerneur afgegee en ook Paulus voor hom gestel.

34. En die goewerneur het die brief gelees en gevra uit watter provinsie hy was; en toe hy verneem dat hy uit Cilícië was,

35. sê hy: Ek sal jou in verhoor neem wanneer jou beskuldigers ook aangekom het. Toe gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 23