Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:8-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.

9. En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.

10. En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ’n sekere profeet met die naam van Ágabus van Judéa afgekom.

11. En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

12. En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.

13. Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.

14. Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons tevrede en het gesê: Laat die wil van die Here geskied!

15. En ná hierdie dae het ons vir die reis klaargemaak en na Jerusalem opgegaan.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21