Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:6-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.

7. Maar ons het die seereis van Tirus af voltooi en by Ptolemáis gekom; en ons het die broeders gegroet en een dag by hulle gebly.

8. En die volgende dag het ons, die geselskap van Paulus, vertrek en in Cesaréa aangekom; en ons het ons intrek geneem in die huis van Filippus, die evangelis, wat een van die sewe diakens was, en by hom gebly.

9. En hy het vier ongetroude dogters gehad wat die profetiese gawe besit het.

10. En onderwyl ons baie dae daar oorgebly het, het ’n sekere profeet met die naam van Ágabus van Judéa afgekom.

11. En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

12. En toe ons dit hoor, het ons saam met die broeders van die plek hom gesmeek om nie op te gaan na Jerusalem nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21