Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:28-35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. en geskreeu: Israeliete, help! Dit is die man wat oral aan almal dinge leer teen die volk en die wet en hierdie plek. Hy het ook nog Grieke in die tempel gebring en hierdie heilige plek ontheilig.

29. Want hulle het vantevore Trófimus, die Efésiër, in die stad by hom gesien en gedink dat Paulus hom in die tempel gebring het.

30. Toe kom die hele stad in beweging, en daar was ’n oploop van die volk; en hulle het Paulus gegryp en hom buitekant die tempel gesleep; en dadelik is die deure gesluit.

31. En onderwyl hulle probeer om hom dood te maak, het ’n berig die owerste oor duisend van die leërafdeling bereik dat die hele Jerusalem in oproer was.

32. En hy het meteens soldate en hoofmanne oor honderd geneem en afgehardloop na hulle; en toe hulle die owerste oor duisend en die soldate sien, het hulle opgehou om Paulus te slaan.

33. Daarop kom die owerste oor duisend nader en neem hom gevange en gee bevel dat hy met twee kettings geboei moet word; en hy het gevra wie hy was en wat hy gedoen het.

34. En onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskreeu. En omdat hy weens die rumoer geen sekerheid kon verkry nie, het hy bevel gegee dat hy na die kamp gebring moes word.

35. En toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die geweld van die skare.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21