Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 21:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN nadat ons ons van hulle losgeskeur het, het ons afgevaar en reguit koers gehou en by Kos aangekom, en die volgende dag by Rhodus en daarvandaan by Pátara.

2. En ons het ’n skip gevind wat na Fenícië sou oorseil, en daarop gegaan en afgevaar.

3. En toe ons Ciprus in die gesig gekry het en dit aan die linkerhand laat lê het, het ons na Sírië gevaar en by Tirus aangekom, want daar sou die skip sy vrag aflaai.

4. En nadat ons die dissipels gevind het, het ons daar sewe dae gebly; en hulle het vir Paulus deur die Gees gesê om nie op te gaan na Jerusalem nie.

5. Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.

6. En nadat ons mekaar gegroet het, het ons aan boord gegaan, en hulle het teruggegaan huis toe.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 21