Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 20:26-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

26. Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.

27. Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie.

28. Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

29. Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie.

30. Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

31. Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie.

32. En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle ’n erfdeel te gee onder al die geheiligdes.

33. Niemand se silwer of goud of klere het ek begeer nie;

34. maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 20