Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 19:35-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

35. Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?

36. Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie.

37. Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.

38. As Demétrius en sy ambagsmanne dan ’n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag.

39. Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word.

40. Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 19