Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 19:33-40 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

33. En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; en Alexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig.

34. Maar toe hulle verstaan dat hy ’n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Efésiërs!

35. Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesê: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?

36. Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie.

37. Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.

38. As Demétrius en sy ambagsmanne dan ’n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag.

39. Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word.

40. Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie. En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 19