Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 17:6-12 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

6. Maar toe hulle hul nie kry nie, het hulle Jason en ’n paar broeders na die stadsowerhede gesleep en geskreeu: Die mense wat die wêreld in opstand bring, hulle het hier ook gekom,

7. en Jason het hulle ontvang. En hulle almal handel teen die bevele van die keiser en sê dat daar ’n ander koning is, naamlik Jesus.

8. En hulle het die skare in opskudding gebring en ook die stadsowerhede wat dit gehoor het.

9. Maar toe hulle van Jason en die ander genoegsame waarborg ontvang het, het hulle hul losgelaat.

10. Daarop het die broeders dadelik in die nag Paulus en Silas na Beréa weggestuur. En toe hulle daar kom, het hulle na die sinagoge van die Jode gegaan.

11. En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

12. Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ’n groot aantal, vroue en manne.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 17