Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 16:1-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN hy het in Derbe en Listre aangekom; en daar was ’n dissipel met die naam van Timótheüs, seun van ’n gelowige Joodse vrou, maar van ’n Griekse vader.

2. Hy het goeie getuienis gehad van die broeders in Listre en Ikónium.

3. Paulus wou hê dat hy saam met hom op reis sou gaan, en hy het hom geneem en besny ter wille van die Jode wat in daardie streke was; want hulle het almal geweet dat sy vader ’n Griek was.

4. En op hulle reis deur die stede het hulle die verordeninge wat deur die apostels en die ouderlinge in Jerusalem vasgestel was, aan hulle oorgegee om te onderhou.

5. En die gemeentes is versterk in die geloof en het elke dag vermeerder in getal.

6. En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

7. En toe hulle by Mísië kom, het hulle probeer om na Bithínië te gaan, maar die Gees het hulle dit nie toegelaat nie.

8. So het hulle dan Mísië verbygegaan en na Troas afgekom.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 16